Masels

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Masels
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Kind met ’n tipiese uitslag.
’n Kind met ’n tipiese uitslag.
ICD-10 B05
ICD-9 055
DiseasesDB 7890
MedlinePlus   001569
eMedicine derm/259emerg/389 ped/1388
MeSH D008457
Mediese waarskuwing

Masels is 'n bekende kindersiekte wat steeds in epidemies in ontwikkelende lande voorkom, ondanks die beskikbaarheid van doeltreffende entstof om die siekte te voorkom. In Suid-Afrika is daar byvoorbeeld 122 gevalle van masels aangemeld in die eerste helfte van 1999. Dit is 'n hoogs aansteeklike siekte wat met 'n hoë koors gepaard gaan en veroorsaak word deur 'n klein en baie aansteeklike virus, wat veral in die bloedstroom, die neusslym en die mond- en keelslymvlies setel.

Die maselsvirus

Die kieme word meestal regstreeks van die een persoon na 'n ander oorgedra deur aanraking, deur onregstreekse infeksie deur kieme in die lug (veral as gevolg van die kenmerkende hoesie van die maselspasiënt), of deur voorwerpe wat die pasiënt hanteer het, soos eetgerei of 'n sakdoek. Die aansteekgevaar van masels is die grootste in die inkubasietyd, omdat die pasiënt dan nog glad nie afgesonder is nie, maar reeds die siekte aan ander kan oordra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search